Droomboom by Marie Spruyt (Soft Cover)

$13.30

New Release

Mariaan de Jongh is op pad na ’n nuwe bestemming, deels om te ontsnap aan trauma wat sy in Durban beleef het maar ook vir die rus en stilte wat ‘n plek soos Ierland belowe. Waar sy niemand ken nie en niemand haar ken nie. In die vakansiedorpie Killaloe vind sy wat sy soek. ’n Huis langs ’n meer, haar bure agter digte heinings weggesteek, vertaalwerk oor Afrika-mites wat haar ’n jaar lank gaan besig hou – en dan? Wie weet?
Maar sy kry meer as wat sy gesoek het. Sy ontdek die seisoene, die reën, mis en sneeu, die immergroen landskap en veral die meer met sy wit swanepaar wat gaandeweg vir haar iets magies word, ‘n spieël vir haar eie gemoed. Daar is ook die Ierse mites en legendes wat ’n weerklank vind in die Afrika-stories waarmee sy besig is.

Sy ontmoet vir Declan O’Brien, ‘n Ier wat ná jare in Amerika terugkeer na sy geboorteland. Soos sy, stry Declan sy eie stryd en alhoewel hulle gaandeweg meer aangetrokke voel tot mekaar, lyk die probleme onoorkombaar. Maar in ’n wonderwêreld is enigiets mos moontlik…selfs ’n ridder op ’n wit perd.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Droomboom by Marie Spruyt (Soft Cover)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Select your currency
USD United States (US) dollar